Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ten spyte van nat weer en koue golwe wat Georgiete Maandagaand 16 Oktober moes trotseer, het meer as 80 ondersteuners die gemak van 'n warm bed prysgegee in verruil vir 'n aand van uitstaande vertonings tydens George Hoërskool se kunste in die kollig aand.
Die kuns toegewyde aand wat vanjaar in sy 2de bestaansjaar is, was weerens 'n aangename fees.
Leerders se talent was op die aand ten toon gestel.
Die komediese toneelspelers, uitgestalde skilderye en goeie sang het die opdaag die moeite werd gemaak.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-INTERNIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'