Bykans tagtig kinders se maande lange oefening en passie het 'n pragtige konsert met ongelooflike professionele, in sommige gevalle reeds op Universiteit-standaard, mu-siekitems gelewer.
'n Wye spektrum van musiek wat wonderlike Afrika ritmes van die Marimba Ensemble tot elegante klaviersolos van Bach en vokale solos met Afrikaanse volkswysies ingesluit het, het die gehoor in vervoering gehad.
Die baie moeilike taak om die bestes aan te wys het op die skouers van die minlike dr. Loftus Heunis gerus.
Hy het tydens die toekenningseremonie daarop aangedring dat elke kind teenwoordig 'n wenner is, en 'n beroep op die mense van George gedoen om nog trofeë te skenk sodat meer kinders die erkenning kan kry wat hulle toekom.
Uiteindelik is pryse toegeken aan Johan Potgieter as senior eerste prys wenner (Hoërskool Outeniqua), Brighitte Deister as tweede senior, Holy Cross Vocal Ensemble as eerste junior en Kerwin Albertus as tweede junior pryswenner.
Die trofee vir die beste solosang het gegaan na Eunika Germishuys, die beste snaarinstrument na Stefan Conradie (Hoërskool Outeniqua), die beste pianiste na Stephanie Linder, die beste fluitspeler na Anya Coetzee, die beste senior ensemble na Hoërskool Oute-niqua se instrumentale ensemble. Die beste junior ensemble na Holy Cross Grade 7 Vocal Ensemble en die beste trio het bestaan uit Johan Potgieter, Ylandi van Vuuren en Melinda Jansen van Nieuwenhuys. Joshua Barrett het 'n spesiale vermelding ontvang as die beste klassieke kitaarspeler.
Innes Benade wat seremoniemeester was het al die ouers, onderwysers en kinders asook al die donateurs wat die aand moontlik gemaak het, bedank vir alles wat hulle doen om musiek in George aan te moedig.

Vrydagaand het die junior ensemble wenners in die Jong Musikante-kompetisie trofeë gewen tydens die jaarlikse gala van die George Musiekvereniging. Van links: Hannah Kiely, Megan Calder, Nicole Moss, Cara-Seunet Kaboni en Esona Dingi.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'