GEORGE NUUS - Geniet 'n humoristiese opvoedkundige praatjie getitel, Supervrou deur Timothy Kieswetter, Bybel en seksualiteitskenner op Maandag 19 Februarie en Kinders by die Dosyne op Dinsdag 20 Februarie by die Oakhurst Insurance George Arts Theatre:
Die twee aande bied bietjie alleentyd, weg van die kinders, weg van die huis, saam met jou vriendinne of skoonma as sy cool is.
Kieswetter verduidelik, "Nadat God die hemel en die aarde gemaak het, het Hy gesê dit is goed. Nadat Hy al die diere van die veld en die voëls gemaak het, het Hy gesê dit is goed. Nadat God Adam gemaak het, het Hy gesê dit is nie goed vir 'n man om alleen te wees nie. Toe skep God die vrou en sê, dit is sommer baie goed. Die vrou se superkrag lê in haar vermoë om iets wat "nie so goed" te verander in iets wat sommer "baie goed" is.
Kom luister hoe Timothy Kieswetter vir jou praktiese advies gee oor hoe om jou superkragte te gebruik in jou lewe en in jou huwelik. Die vertonings begin 19:00 geen kinders onder die ouderdom van 18 word toegelaat en kaartjies kos R70 per persoon.
Kinders
Kinders by Dosyne (op 20 Februarie) is 'n eerlike en komiese blik op die uitdagings van ouerskap. "Soms voel dit as of jy jou kind net wil foeter... dis okay! Solank jy net nie die volgende generasie opfoeter nie.
"Kom lag en huil saam met my in my nuwe opvoedkundige komedie Kinders by Dosyne oor die uitdagings van moderne ouerskap en hoe om nog tyd te vind vir mekaar in die huwelik. Ek gaan vir jou die toptien opfoeters uitwys wat ons as ouers onbewustelik doen teenoor ons kinders, wat eintlik hulle net opfoeter.
Kaartjies is beskikbaar by die George-kunsteteater of op die webtuiste www.georgeartstheatre.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'