Saterdag se geleentheid, waar 14 kunstenaars en persoonlike vriende in George-burgersentrum opgetree het, het R25 000 opgelewer vir die oog, sowel as die prosedure in die Kaap.
"Ek borrel oor van geluk, ek vertrek op 5 November en ek voel my lewe het nou ten goede verander," het die opgewekte Herman vertel. Hy het vir 'n ruk in Gauteng gewoon, maar die trekkrag van George en 'n spesiale vrou, Joan Saunders, het hom laat besluit die Suid-Kaap is gewis die beste plek. "Ek wil net baie dankie sê vir almal wat bygedra het, daar is net te veel om enigiemand uit te sonder," het hy gesê.
'n Spesiale atmosfeer het Saterdag geheers toe musikante van George hulle talente met passie vertoon het. Die jongste musikant, Diaan (Diaan Swanepoel) het die gehoor aan sy lippe gehad met 'n Eric Clapton liedjie Change the world.
Die wonderkind Johnny Apple (Juan Appelgrein, 15) wat 'n beurs losgeslaan het in die New York Film Academy waar hy volgende jaar opleiding gaan ontvang in sang en drama het 'n gesofistikeerde weergawe van When a Man loves a woman gegee.
Die twee voorafgenoemdes is belowende kunstenaars en leerlinge van Tashia Vermeulen wat 'n musiekskool het en self opgetree het. Nog 'n leerling van haar, Lourens (Lourens Obermeyer) het ook deel uitgemaak van die opkomende talent wat te siene was.
Ander optredes het Free Falling, Eclipes (bekende "backing" singer Darryl de Lange and Mornay Richards) Rachus, Larry, Wim, Charlene, Anton Gemmer en Michael Lindt sowel as Herman Grobbelaar self ingesluit. Die aand het op gepaste wyse met die orkes Splash (wat Feff Gericke insluit) afgesluit.
Sien nog foto's hier.

Lourens Obermeyer saam met sy trotse ouers Danie en Thea Obermeyer.

Natasha Vermeulen saam met Herman Grobbelaar tydens Saterdag se Musiekskouspel.

Johnny Apple saam met sy ma Savannah en Marthinus Potgieter by die konsert gehou ten bate van Herman Grobbelaar.
FOTO'S: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS.