GEORGE VERMAAK NUUS - Op 29 Mei, sewe jaar gelede, was dit die opening van die grootste Christelike gemeenskapsradiostasie in die Suid-Kaap, Heartbeat FM, 'n droom en visie van Avril Ahrendse.
Die radio kyk terug na 'n massiewe groei, nie net in luisteraars nie, maar ook verskillende afdelings soos onder andere: Heartbeat TV, Sport Beat, Heartbeat Travel, Heartbeat Life, Heart Cafe, Garden Route TV en nog meer.
Drie jaar gelede het Heartbeat FM ook die Karoo-streek betree met die opening van nog 'n frekwensie 107.4 FM.
Luisteraars en adverteerders van oor die Wes-Kaap en Karoo-streek kon die spoggeleentheid bywoon.
Die verrassing vir die aand was die verskyning van oudburgemeester Wessie van der Westhuizen en sy vrou, Layma, wat trane in die oë van die stigter en besturende direkteur, Avril Ahrendse gebring het.
Die Wesso-broers, Emanual Wesso, Peter Jaftha, Sushaine Wesso en Lee-Roy Wesso.
Wessie was een van die gunsteling omroepers in die begin. Die alombekende Wesso-broers het die luisteraars in ekstase gehad met hul sangtalent.
Heartbeat FM wil sy dank uitspreek teenoor die meer as 120 000 luisteraars wat 24/7 na die radio luister en ook aan sy getroue omroepers wat die luisteraars vermaak, ingelig hou en die Woord van die Here aan almal verkondig.Jaanie Nel en Pastoor Christo Nel (stasiebestuurder van 107.4Fm).
Anieta Steyne (toergids van Heartbeat Travel en omroeper) en Peter Jaftha (bemarkingsbestuurder en ontbytprogramgasheer) was die seremoniemeesters van die aand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'