Tydens die gala-aand sal die Kuns- en Kultuurskool van 2010 sowel as die wenners in die sewe afsonderlike kunstedissiplines aangekondig word. Mnr. Berrie Botha, hoof- uitvoerende beampte van Sanlam Trust, sê: "Die fees is belangrik vir die hele gemeenskap, want dit bring opvoeders, leerders en ouers na George, wat ons glo in die toekoms ambassadeurs van die fees en George gaan wees."
Volgens Botha doen die organiseerders van die fees alles moontlik om plaaslike besighede te ondersteun en is hulle dankbaar teenoor besighede wat weer die fees ondersteun.
Hoërskool Outeniqua organiseer die Kaleidoskoop en die hele skoolterrein word in ‘n feesterrein omskep waar nie net deelnemers nie, maar die hele gemeenskap kan kom deel in jong kunstenaars se talent van oor die hele land. By die Art Addendum op die terrein is ‘n koffiewinkel, boekwinkel en selfs ‘n boetiek. Wegneemetes word by Café Munch verkoop en jong sangers kan in die Hartklop Tent gehoor word. Die Kaleidoskoop Galery is daagliks van 09:30 tot 16:00 oop.
Opening
Die fees open Donderdagaand met verskeie vokale ensembles in die skoolsaal met Petronel, bekende kabaretsangeres, as gaskunstenaar en ook ‘n dramavertoning in die Arts Theatre.
Vrydagaand
‘n Verskeidenheid instrumentale ensembles tree Vrydagaand op, terwyl daar ‘n vertoning van dansgroepe in die Arts Thea-tre gesien kan word. Saterdagaand is daar weer ‘n opwindende dramavertoning in die Arts Theatre.
Kreatiwiteitsessies
Die publiek is ook welkom om die kreatiwiteitsessies Sondagmiddag by te woon. Hier kan gekies word tussen: Inligting oor die Suid-Afrikaanse musiekbedryf; ‘n Loopbaan in die visuele kuns; en ‘n werkswinkel oor forumteater.
‘n Geredigeerde weergawe van vanjaar se Kaleidoskoop word gedurende Oktober op Ontbytsake op kykNET vertoon. Hou die George Herald dop vir meer inligting hieroor.
Vir meer inligting, besoek www.kaleidoskoop.com of skakel vir Louise by 082 673 5567. Bespreek kaartjies by Nadia by 044 874 4156 of 079 595 1704.
.jpg)
Die tweede nasionale kuns- en kultuurfees vir hoërskole, die Sanlam Trust Outeniqua Kaleidoskoop, begin vandag in George en eindig Maandagaand 27 September met ‘n spog gala-aand in die George-burgersentrum. Christine Fourie, Nita Janse van Rensburg en Helené Ramage sal op die verhoog te sien wees. Hulle doen ‘n kabaret-item waartydens hulle die alombekende liedjie, I am what I am, opvoer.