GEORGE-NUUS - In die gangetjie-galery by Dumont Wynkelder is die 104 kunswerke van sowat 21 lede van die George Artist Club wat tans hier uitgestal word ‘n aangename verrassing.
Hierdie is die klub se vierde uitstalling vanjaar nadat dit maar pas in April-maand gestig is.
Die klubvoorsitter, Ken Smith, nooi enige belangstellendes uit na hul maandelikse opedag, die laaste Saterdag van elke maand, by die Masonic Hall. Die volgende byeenkoms is Saterdag 31 Julie. Vir meer inligting, kontak Ken by 044 874 4878.
Die klub beoog hulle volgende uitstalling van 20 tot 25 Julie buite die Krause Galery in die Garden Route Mall.
Foto's: Michelle Pienaar
Besoekers Judith Hodge en John Sparks kuier saam met Ken Smith (regs) by die werk, Lady with a Shell van Joan Goetsch.