GEORGE-NUUS - Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier bied 'n heerlike damesoggend aan saam met Gretha Wiid en wat sal gesels oor Eva se lyf.
Die oggend begin om 09:30 vir 10:00 in die Mosselbaai Stadsaal op Saterdag 22 Mei.
Gaste kan uitsien na heerlike koek en tee, stalletjies en sommer net ‘n lekker kuier na die afloop van die vertoning.
Kaartjies kos R80 per persoon en is beskikbaar by Denise 072 699 1775 of Zita 072 132 5343. Kaartjies kan ook afgehaal word by die Mediese Sentrum in Courtenaystraat (George), die Reddings Christelike Boekwinkel in Voorbaai (Crookstraat) of Master Braais and Fireplaces (Louis Fourieweg oorkant Fruit & Veg, Mosselbaai).