GEORGE VERMAAKNUUS - Die etensuurkonserte wat in 2019 in twee reekse in die NG Moederkerk aangebied is, word afgesluit met 'n kort reeks van drie konserte in Desember.
Hierdie konserte het gaandeweg in gewildheid toegeneem, en die publiek geniet dit om 'n gratis konsert in die middel van die week op die middaguur by te woon. Vakansiegangers kan ook lekker kom ontspan by so konsert gedurende hul uitspantyd.
Die eerste Desember-konsert vind op Woensdag 4 Desember van 13:10 tot 13:50 plaas.
Die De Gaudio-sangensemble onder leiding van Karen Temmingh tree op in 'n program wat bestaan uit gewyde musiek, Kersfeessang en ligter liedjies met temas uit die plaaslike omgewing en die natuur. Heelwat liedere van Chris Lamprecht is in die program ingesluit.
Op 11 Desember tree 'n instrumentale ensemble op met plaaslike kunstenaars soos Cornel Engelbrecht (tjello) en Stefan Conradie (viool).
Die reeks word op 18 Desember afgesluit deur die bekende orrelis van die Moedergemeente, dr. Gerrit Jordaan, met twee trio-sonates van JS Bach en ander gewilde orrelwerke.
Toegang tot die konserte is gratis. Donasies word baie waardeer.
Navrae: Karen by 044 874 4904 in verband met 4 Desember, en Gerrit by 072 760 3446 vir die ander twee konserte.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'