GEORGE NUUS - Môremiddag, Woensdag 28 April, bied Calvin Steyn en Dalene Brits nog ’n aflewering in die gewilde Herfsreeks Etensuurkonserte in die NG Moederkerk George aan.
Die werke wat hulle gaan opvoer is Beethoven se Sonate nr 5 vir klavier en viool, Schubert se Sonatine in D maj Op 137 nr 1 vir viool en klavier en Carlos Gardel se Tango, soos verwerk deur John Williams vir Itzhak Perlman.
Die konsert begin om 13:10 en toegang is gratis, maar donasies om administratiewe kostes te help dek is baie welkom.
Covid-19 protokol sal gehandhaaf word.
Vir verdere navrae, kontak Gerrit Jordaan by 072 760 3446 of Karen Temmingh by 044 874 4904.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'