GEORGE VERMAAK NUUS - Liefhebbers van klassieke musiek en sang kan komende Woensdag, 12 Mei, in hul dagboek merk.
Die volgende konsert in die etensuur herfsreeks beloof pragtige sang deur die bekende plaaslike mezzo-sopraan Elisabeth Potgieter en die belowende tenoor Pieter Raath.
Met die vaardige begeleiding van Dalene Brits gaan die twee 'n konsert van liedere deur Engelse komponiste aanbied, met werke van onder meer Edward Elgar, Henry Purcell, George Frederic Handel en Roger Quilter op die spyskaart.
Die konsert word in die Moederkerk gehou en begin om 13:10. Geen toegang word gevra nie, maar donasies om koste te help dek is welkom. Covid-19 protokolle sal geld.
Elisabeth Potgieter
Dalene Vrits
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'