Toe nie, Whackhead! Mr Blue is going through!
Elvis is deur, maar die kompetisie raak nou verskriklik straf. Mr Blue, aka Jan Hoogendyk, het, behalwe die ondersteuning van sy aanhangers dwarsoor die land, ook nou almal in George se hulp nodig.
Aan talent het hy geen tekort nie, maar in dié kompetisie is talent nie die enigste oorweging nie, dis stemme wat tel.
Elvis se vrou, Chireze en hul dogtertjie, Lila, het verlede week teruggekeer na George na hulle ‘n maand in Johannesburg was om naby Elvis te wees. Chireze sê dis nou belangriker as ooit dat almal in George vir Elvis stem. Sy en ander Elvis Blue-ondersteuners het ’n ‘blou’ beweging begin wat aktief stemme vir Elvis werf. "Ons daag almal uit om elke week op ‘n Maandag blou aan te trek en dié foto’s op sy fanpage op Facebook te plaas. Maar die belangrikste is om te STEM.
"Hy het ons nou meer as ooit nodig."
Elvis het deurgedring na die topvier met sy weergawe van die Simon en Garfunkel lied Bridge over troubled water en Ray Charles se Gold Digger.
Oor slegs drie weke is dit die finaal en die kompetisie is strawwer as ooit aangesien Pieter West en Adeline Mocke Dinsdagaand uitgeval het. Nou kompeteer Elvis teen die toptalent van Boki Ntsime, Sindi Nene en Lloyd Cele.
En natuurlik het al hierdie kunstenaars ook hul eie ondersteuners wat vir hulle stemme werf.
So, die kort en die lank van die storie is: Stem vir Elvis Blue tot jy blou in die gesig is.
Elvis is gelukkig van al die Idols-deelnemers by verre die gewildste op Facebook en Chireze, wat al sy bemarking hanteer, moet bontstaan om die telefoon te antwoord. "Die besprekings stroom in en ek is ook besig om ‘n landswye toer te reël. Dit sal egter ‘n verligting wees as die kompetisie verby is - die spanning raak nou gans te erg."
Elvis Blue-armbandjies is een van die dae beskikbaar en jy kan ook jou eie Elvis T-hemp koop.
Die geld wat hierdeur gemaak word gaan alles na liefdadigheid - een van Elvis se passies.
Chireze is die bemarkingsbestuurder van die Bethesda-hospies in George en almal by die hospies staan bankvas agter Elvis.
Elvis Blue is op 24 November om 19:00 by die Ka-lahari Restaurant en Teater in Yorkstraat te sien en die opbrengs van die verto-ning word aan Be-thesda geskenk. Die kaartjies verkoop soos soetkoek en nog net 32 kaartjies teen R120 of 50 kaartjies teen R200 is beskikbaar. Dsluit ‘n vingerete in.
Vir meer inligting oor die vertoning kontak Veronica by 044 875 8088.
Om Elvis te bespreek vir ‘n vertoning of om armbandjies of T-hemde te koop, bel Chireze by 084 513 5653.
Stem vir Elvis Blue en SMS 10 na 37400, of skakel 0862277710 van jou Telkom- landlyn, of 083 901 0210 van jou selfoon, of stem vir Elvis op MXit.
Artikel: Ilse Schoonraad
.jpg)
Elvis se kollegas by die Eden Gemeente het ‘n sterk boodskap van liefde hierdie week! Om hulle punt te staaf, is van links agter René Piet, dr. Koos van der Merwe en sy vrou Barbara, Corrie Maré, Amanda van Dyk, Melissa Nieuwoudt en Mienkie Lakeyi. Voor van links is Quintin van Biljon, pastoor Riaan Bezuidenhout en Hester Willer.