Die unieke uitstalling van handgemaakte artikels sal sommer gou uitverkoop tydens Emmaüs se Kersmark.
GEORGE NUUS - Dit is weer tyd vir die Kersmark en kermis by Emmaüs wanneer al die interessante handwerk en houtwerk wat gedurende die jaar deur die gestremdes by Emmaüs gemaak is, te koop aangebied word.
Die werkers by Emmaüs werk baie hard om die unieke handgemaakte artikels betyds klaar te maak.
Die kermis vind plaas op Saterdag 28 November vanaf 09:00 tot 14:00 by die Emmaüs-perseel in Memoriumstraat. Daar sal heerlike gebak wees, pannekoek, wegneemetes, basaarpoeding, heerlike vars groente en natuurlik 'n vleistafel waar die publiek al hulle vleis vir die Kersgety kan koop.
Kaaskoek of sjokoladekoek en koffie, asook 'n heerlike ontbyt @ R30 behoort almal gelukkig te hou.
Emmaüs is afhanklik van die gemeenskap se betrokkenheid en belangstelling en hoop om vanjaar nog meer besoekers uit die gemeenskap te lok.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'