GEORGE NUUS - Chanté van der Westhuizen (sopraan) en Throy Petersen (pianis) tree môre, Woensdag 2 Desember, om 13:10 op in die Moederkerk in ‘n ekstra konsert bygevoeg by die etensuurreeks.
Hulle kom albei van George en het op Stellenbosch gestudeer.
Die boeiende program sluit werke in van Fauré, De Villiers, Pergolesi, Mozart, Schubert en Donizetti.
Toegang gratis, donasies welkom, maskers verpligtend.
‘n Lekker lusmakertjiekonsert as voorgereg tot die vakansieseisoen!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'