GEORGE NUUS - Cordelia, die bekroonde Afrikaanse sangeres wat vroeg reeds haar merk in die musiekbedryf gemaak het, kan binnekort gratis by die Outeniqua-rolbalklub gehoor word.
Die aantreklike blondine gaan as gaskunstenaar optree na afloop van die eindronde in die klub se besigheidsliga op 5 Desember.
Die sangeres, wat bekendheid verwerf het vir haar trefferliedjie Mal in jou kop, gaan tydens die prysuitdeling en steakete met plaaslike kunstenaars die vermaak verskaf.
Belangstellendes wat wil saam eet terwyl sy optree, kan vooraf bespreek by die klub of Phillip Hattingh by 062 544 2233.
Cordelia wat tans op Fochville woon, het die Afrikaanse musiekbedryf met mening getref en het die een treffer na die ander die lig laat sien. Haar liedjies het ook reeds verskeie toekennings ontvang en op heelwat radiostasies top posisies behaal. Sy het reeds twee albums agter die rug en kan in verskeie musiekvideo’s gehoor word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'