GEORGE NUUS - Chris Chameleon en Daniella Deysel is Kat en Wolf.
Hierdie musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.
Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek.
Hy tree op Donderdag 5 Julie om 19:00 teen R100 per kaartjie by die Oakhurst Insurance George Arts Theatre in Yorkstraat, George op.
Koop kaartjies by die teater of by Computicket.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'