GEORGE NUUS - Suid-Afrika se musikale verkleur-mannetjie Chris Chameleon span saam met die veelsydige Daniella Deysel vir hulle musikale produksie Kat & Wolf. Kat & Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns.
In die konsert Kat & Wolf breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul respektiewelike korporasies en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van 'n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan.
Hulle is by die George-kunsteteater op Donderdag 5 Julie om 19:00. Kaartjies is verkrygbaar by Computicket teen R130.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'