Met sy gebruiklike vokale gimnastiek wat van tenoor na bariton op "glissando" wyse gly, is dit duidelik dat hy altyd sy gehore sal bly imponeer.
Herold's Bay Resort se besturende direkteur, KD Fourie, is hoog in sy skik oor die afloop van die twee opelug konserte wat vir al twee aande gehore van 1 000 getrek het met Prime Circle, Bobbie van Jaarsveld, Jack Parrow en Heuwels Fantasties. Koos van der Merwe se konsert op 3 Januarie is ook goed bygewoon.
"Die borge het reeds aangedui dat hul weer vanjaar betrokke sal raak na die
reusesukses van die Bush Lapa se Musiekfees," aldus KD.

Die eksotiese ineenvloeiing van klanke wat Wild Lettuce se Reinhardt Buhr optower, selfs met 'n ou Rolling Stones melodie, Paint it Black, is magies. Hy bespeel die didjeridoe, viool en ghitaar sowel as akoestiese dromme om 'n samesmelting van uitheemse, hoë tempo klanke te skep. Wie het gesê mans kan nie 'multitask' nie? Reinardt het die vertoning van Chris Chameleon geopen.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'