Met die leiding, kon die buksies nie anders as om van hul verhoogsenuwees te vergeet nie.
Die kerkmanne het reeds vroeg begin braai en gesorg vir 'n aaneenlopende stroom heerlik sappige gebraaide snoek. Dit is voorgesit met soetpatats en wortelslaai.
Die egte basaargeregte wat pannekoek en smullekker koek ingesluit het, het ook byval gevind by die publiek. Die FHC gaan in die komende maande by 'n kinderhuis en 'n bejaardesentrum optree en 'n groentetuin in Thembalethu aanlê.
Dit ontbreek blykbaar nie aan energie by die geestelike leiers Philip en Andiah Myburgh en hul lede met 'n vol program van uitreike wat voorlê.

Snoekbraaiers van links: Jack Chinn, Jannie Venter, Marnoux Coetzee, Andries van der Merwe en Blessing Masamvu. Hulle weet net hoe om met bedruipsousies te werk en seker te maak hul snoek is sappig en smaaklik.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'