"Maar toe ‘n paar skollies my eendag takel en al die sweets wat ek aan kliënte moes uitdeel afvat, het ek besluit dit raak te gevaarlik om my sakgeld so te verdien!" spot die gewilde sanger Saterdagaand tydens sy optrede by die Kalahari Teater.
Die teater was stampvol Bobby-bewonderaars wat amper die dak gelig het met toejuiging toe die ster deur die gehoor loop en begin sing op pad verhoog toe.
By die tafels was ou ooms en tannies, middeljariges, tieners, kinders ... almal daar om een van Suid-Afrika se gewildste jong kunstenaars te sien optree. Van Spieëltjie tot meer ernstige liedjies soos Koos du Plessis se Gebed en Bobby se eie Yeshua the Messiah - die spyskaart het doodeenvoudig almal in die gehoor se harte laat klop - en dis nié net die blonde kuif en blou oë se skuld nie.
Nog foto’s hier: www.georgeherald.com/gallery.aspx
.jpg)
ARTIKEL: MANDI BOTHA