KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Bekende skrywer Jan van Tonder en plaaslike sanger en musikant Petronel Baard gaan komende Vrydag, 18 Augustus, by Harti's Sjiek, Klein Brak, optree.
Gaste sal bederf word met Jan se lesings uit sy boeke, soos Roepman, Die verevrou en boeke van sy Sagie-reeks.
Petronel sal sy lesings echo met die gepaste musiek.
Hierdie unieke geleentheid kos R200 per kaartjie. 'n Ligte ete is ingesluit.
Die aand begin om 19:00.
Besprekings vir hierdie fees van woordkuns en musiek, wat deel is van die Mosselbaai-kunsfees is, is noodsaaklik. Kontak Susan (082 881 3305) vir verdere inligting en om kaartjies te koop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’