Buiten die sewe kore wat gaan optree, is daar ook twee balletskole by die program ingesluit. Hierdie ballerinas sal die gehoor met hul danspassies op die maat van bekende musiekblyspele soos The Mission en Annie en nog meer, vermaak.
Die drie junior kore wat tydens die eerste deel van die program gaan optree, is die kore van George Voorbereidingskool, Glenwood House en Laerskool George-Suid. Die senior kore wat tydens die tweede deel van die program gaan optree, is die kore van Holy Cross, Laerskool Outeniqua en Laerskool George-Suid. Ons sien baie uit na die optrede van die Suid-Kaap Kinderkoor. Hierdie koor is bekend vir die talle nasionale en internasionale toekennings wat hul die afgelope paar jaar ontvang het.
Die onderskeie kore sal tydens hierdie kooroptredes geleentheid kry om twee liedere te sing en na afloop van elke afdeling sal die kore as ‘n massakoor optree.