'n Gesig wat oral in die George-begraafplaas gesien kan word. Foto: Alida de Beer
GEORGE NUUS - Die George-munisipaliteit sê verskeie sekerheidsmoontlikhede vir die beveiliging van begraafplase teen vandale word tans deur amptenary ondersoek.
Debra Sauer, assistent-mediaskakelbeampte, het gereageer op 'n artikel in verlede week se uitgawe oor 'n klagte wat ontvang is oor die beskadiging van grafte in die George-begraafplaas.
"Daar is reeds by sommige begraafplase sekerheidsmaatreëls ingestel wat ongelukkig nie tot op hede ten volle suksesvol was nie. In een geval is die heining wat opgerig is, gesteel en het vandale voortgegaan met hul ongevoelige misdade."
Sy het gevra dat lede van die publiek wat weet van skuldiges of bewyse kan lewer van mense wat hulle aan sulke misdrywe skuldig maak, dit moet aanmeld by die munisipaliteit by 044 801 6300 en ook die polisie by 10111.