Bekende politieke figuur slaan glo vrou

Generiese foto.

GEORGE NUUSFLITS - ‘n Aanrandingklag onder die gesinsgeweldwet is laasnag teen ‘n prominente politieke figuur in die George-munisipaliteit by die Conville-polisie aanhangig gemaak.

Die politikus het sy vrou na bewering voor 23:00 gisteraand aangerand toe sy en die paartjie se minderjarige kind by hul woning (wat in die Conville-polisiëringsarea val) aangekom het.

Die rusie het hom tot in die pad voor die paartjie se huis afgespeel.

Die vrou en kind is daarna saam met die polisie na die Conville-polisikantoor waar sy ‘n klag ingedien het, en albei na verneem word trauma-berading ontvang het.

Die polisie het die klag bevestig en gesê hulle ondersoek die voorval.
 
Niemand is nog in hegtenis geneem.

Politieke partye sal later vir kommentaar genader word.
 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald