Groot-Brakrivier se boete van R6 000 was heelwat laer ná die glasgooi-insident - hoekom die groot verskil? Ons bespreek ook of strawwer maatreëls soos punte-aftrekkings, wedstrydverbod of selfs uitsluiting uit kompetisies nie ’n sterker boodskap sou stuur nie. En laastens: Wat is die jongste in die ondersoek teen die SWD-president en uitvoerende hoof? Om dit alles vir ons uit te lê, het Group Editors vandag twee manne in die ateljee wat eerstehands weet hoe dié besluite geneem is: Norman Cupido en Winston Jansen van SWD se dissiplinêre komitee.