GEORGE NUUS - Die Olimpiese medaljewenner Bianca Buitendag het hier, in Victoriabaai, sedert haar kinderjare talle ure in die water deurgebring om die fyner kunsies van branderplankry te leer.
Soos die pandemie die een golf na die ander meebring, met die gepaardgaande inperking, vind branderplankryers steeds hul vrede en saligheid in dié vriendelike baai.
Volgens die eienaar van Surfends Surf Club, Martyn Emmink, is Victoriabaai sinoniem met branderplankry en is dit die perfekte plek vir jong kinders om die sport aan te leer.
Nicole Edwards (links, 9) en Riance van Staden (9) geniet die vrugte van hul toewyding. Die Olimpiese branderplankheldin, Bianca Buitendag van Victoriabaai, was 'n jongeling van agt toe sy aan haar eerste kompetisie deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'