GEORGE NUUS - Die somerliga vir Eden-kushengel het op 23 Oktober afgeskop. Met baie ywer het 162 hengelaars die strand aangedurf in die area vanaf Gouritsmond tot Vegkop by Kanon en Tarka by Vleesbaai.
Hengelaars moes met ’n stormsterk westewind en reënbuie meeding, maar dit het hulle nie afgeskrik nie. Daar is ’n totale gesamentlike gewig van 1 085,59 kg gevang waarvan 32 eetbare en 298 nie eetbare visse. Al 330 visse is weer terug in die water.
Uitslae:
- Die grootste eetbare vis, ’n roman van 1,51 kg is deur Raldo Potgieter gevang.
- Die grootste nie eetbare vis, duckbill van 33,41 kg is deur Hendrico Lesch gevang.
- Die tophengelaar vir die dag was Ettiene Burger met 47.42 punte.
- Topvrou was Zehani Lodewyk met 4.47 punte.
- Topmeester was André Burger met 35.19 punte
- Top-grootmeester vir die dag was Dolf Syvertsen met 9.45 punte.
Dit was ’n rowwe dag vir die hengelaars wat uithouvermoë en deursettingsvermoë van alle hengelaars geverg het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'