TUINROETE NUUS - Eden het by die afgelope nasionale hengelkampioenskappe vir senior mans 'n goue medalje verower.
Twaalf provinsies het in Eden aan die kampioenskappe deelgeneem.
Drie van Eden se spanlede is vir die Protea-span gekies wat in 2021 in Namibië gaan deelneem. Hulle is AJ de Beer, Enrico Lesch and Raldo Potgieter.
Eden se Niel de Jager is vir sy deelname aan 27 nasionale kampioenskappe spesiaal vereer. Andrew Wood het ook 'n beker ontvang vir die meeste vis tydens die toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'