TUINROETE NUUS - Die afgelope naweek op Sondag 23 Januarie, het 99 atlete aan die Eden-driekampkampioenskap te Groot-Brakrivier deelgeneem.
Die gedugte Protea-driekampspan, blinde David Kenneth Jones en sy gids Rohan P Kennedy het die toeskouers en mededriekampers met hulle vernuf geïnspireer. Dit is voorwaar 'n voorreg om hulle in aksie te sien.
Die podiumuitslae was as volg:
Super naelren (super sprint)
(400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
- Mans/seuns: 1. Rainart Heinz Behrens; 2. Ruben Marais; 3. Joffrey Pienaar
- Vroue/dogters: 1. Lomé Gouws; 2. Karli Lötter; 3. Marilie Duvenage
Naelren (sprint)
(750 m- swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
- Mans: 1. Christian Hatting; 2. Josua Voster;3. David Jones
- Vroue: 1. Liezel Pretorius; 2.Jean-Marié Roelofse; 3. Kirsty Weir
Standaardafstand
(1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
- Mans: 1. Bonga Nkqintiza; 2 .Franna Voster; 3. Tim Toovey
- Vroue: 1. Jo-Mari Smith; 2. Esrie Loock-Bezuidenhout; 3. Sharnelle Byles
David Kenneth Jones (links) en sy gids Rohan P Kennedy. Jones is blind.
Die Eden-driekampspan wat by die SA naelrenkampioenskappe op 13 Februarie by Masselspoort (Bloemfontein) en die SA driekampkampioenskappe op 19 Maart in Gqeberha (Port Elizabeth) gaan deelneem, is hard aan die oefen.
Deelnemers aan die standaardafstand in die 1 500 m-swem kort voor die begin. Foto's: Deidré Cloete
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'