Breaking News
GEORGE BRANDERPLANKRY NUUS - Bianca Buitendag wat Dinsdag ‘n silwermedalje by die Olimpiese Spele in Japan gewen het, het vanoggend in ‘n roerende Facebook-plasing amptelik aangekondig dat sy gaan uittree.
Die 27-jarige Buitendag het die silwermedalje in die branderplankry in die vroueafdeling gewen.
Sy skryf onder meer dat dit 'n einde bring aan 'n fenomenale hoofstuk in haar lewe. Wat 'n wyse om die wenstreep so oor te steek!
Sy het die medalje opgedra aan haar ma, Yvette, en hulle wat die daaglikse stryde oorwin wat niemand sien. Hulle verdien silwer en goud - nie ek.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'