SUID-KAAP NUUS - Na die vyfde Eden-hengelassosiasie se somerligakompetisie, gehou te Boggomsbaai, het een Knysna-inwoner bo in sy klas uitgestyg, en het die Knysna-hengelklub die vierde plek oor die algemeen in die A-liga ingeneem.
Op Saterdag 20 Januarie het 143 hengelaars van regoor die Eden-distrik die kompetisie om 06:00 die oggend afgeskop, en na 'n goeie dag se hengel was dit Triton-hengelklub vanuit Mosselbaai wat nommer een sou eindig nadat die lyne om 15:00 uit die water gehaal is.
Triton het op die betrokke dag met 179.61 punte geëindig, wat beteken het dat hulle tot in die tweede plek in die A-liga beweeg het – twee plekke beter as in die vorige somerliga kompetisie, ook te Boggomsbaai gehou.
In die individuele klasse het een Knysna-hengelaar, Kallie Erasmus van Knysna-hengelklub, die dorp se naam hoog gehou met sy 18.94 punte wat hom as die topmeester van die dag sou laat seëvier.
Ander tophengelaars in hul klasse van die dag was Alex Smidt van Triton met 61.90 punte, wat hom die tophengelaar van die dag gemaak het.
Topjunior van die dag was Nicole Crause (o16) van George-hengelklub met 18.22 punte; topgrootmeester was Johan Strauss van Outeniqua-hengelklub met 13.14 punte; en die topdame was Nicole Crause met 18.22 punte.
Die grootste eetbare vis is deur Stefan van Huyssteen van Stilbaai-hengelklub gevang – 'n kabeljou van 2.72 kg, terwyl die swaarste oneetbare vis, 'n diamantrog van 34.17kg was, wat deur Danie Lodewyk van Triton ingeweeg is.
Die totale massa vis wat gevang is gedurende die kompetisie was 721.4kg. Daar is 193 oneetbare visse gevang en 14 eetbare visse. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Posisies van die klubs na afloop van die vyfde somerliga:
A-liga (klubpunte)
- Stilbaai - 383.56;
- Triton - 354.17;
- George - 258.83; Knysna - 258.29;
- Outeniqua - 213.13;
- Atlantic - 194.04;
- Mosselbaai - 93.47
B-liga
- Triton - 197.25;
- George - 185.43;
- Stilbaai - 117.72;
- Atlantic - 91.84;
- Knysna - 74.35;
- Outeniqua - 43.63;
C-liga
- Atlantic A - 80.53;
- George A - 67.55;
- Stilbaai C - 37.06;
- Atlantic B - 14.47;
- Triton - 1.81;
- George B - 1.12;
- Outeniqua - 0.38
Top 6 hengelaars
- Alex Smidt (Triton) - 99.65;
- AJ de Beer (Stilbaai) - 94.88;
- Renier Nortje (Knysna) - 90.22;
- Marius Baard (George) - 71.79;
- Cornel Grundling (George) - 66.87;
- Henry Botha(Atlantic) - 63.39
Die volgende kompetisie vind plaas op Saterdag 3 Maart.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'