SUID-KAAP NUUS - Laerskool Wesbank is aangewys as die beste tennisskool in die Suid-Westelike Distrikte.
Op Vrydag 16 Februarie het tien skole aan die Reef Hudson-toernooi in George deelgeneem om as die SWD se beste tennisskool aangewys te word.
Laerskool Wesbank se seuns- en dogterspanne het na die eindstryde deergedring. Hul dogterspan het hul eindstryd gewen en die skool die gesogte titel besorg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'