GEORGE NUUS - Reef Hudson, wat vir 25 jaar as meestertennisafrigter in George 'n bydrae gelewer het, het saam met sy vrou, Beppie, na Worcester verhuis.
Hudson het sy stempel op afrigters en junior tennisspelers afgedruk danksy sy uitgebreide kennis van tennis.
Hy was 'n gevreesde tenniseksaminator wat hoë vereistes gestel het.
Die afrigters wat onder sy leiding gekwalifiseer het, sal altyd dankbaar wees vir die deeglike grondslag wat hy gelê het.
'n Menigte junior tennisspelers het onder sy kranige afrigting die SWD- en SA spanne gehaal.
Die Hudsons het na Worcester verhuis om nader aan hulle kinders te wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'