TENNIS NUUS - Die rakette gaan Saterdag 8 Oktober by Hoër Tegniese Skool Eden vir 'n goeie doel geswaai word. Dit sluit in gewone tennis, strandtennis en tafeltennis en vind by die bane van die Great Tennis Academy op die skoolterrein plaas. Familie en vriende is betrokke by die reëlings.
Dit word gehou om geld in te samel vir Pieter Jooste (55), 'n oorlogsveteraan. Sy linkerbeen is net bokant sy knie op 19-jarige ouderdom geamputeer.
Dit was nadat hy per ongeluk raakgeskiet is in Katima Mulilo in die destydse Suidwes-Afrika. Jooste was besig met grensdiens.
Daarna is gepoog om sy been te red, maar ongelukkig moes dit uiteindelik geamputeer word.
Jooste het die man vergewe wat verantwoordelik was vir die ongeluk en het aanbeweeg met sy lewe. Daar was wel aanpassings.
Hy neem aan sport deel en is 'n gesinsman. Hy het al onder meer rolstoeltennis gespeel. Die afgelope 35 jaar moet hy met krukke loop. Hy het nou die geleentheid om wel weer te kan loop met nuwe tegnologie uit Amerika en 'n prostese. Al die geld wat tydens Saterdag se geleentheid ingesamel word, sal daarvoor aangewend word.
Pieter Jooste is 'n ywerige sportman.
Lizelle Fourie, een van die organiseerders, het Dinsdag gesê tydens Saterdag se geleentheid begin die tennistoernooi om 10:00 en besprekings kan vooraf gemaak word deur haar per WhatsApp 072 240 8463 te kontak.
Daar is ook lewendige vermaak van 15:00. Van 17:00 tree JP Zeelie op. Besoekers sal ook versnaperinge by van die verversingsstalletjies kan koop. Om 19:00 is daar 'n buitelugfliek, Top Gun Maverick.
*Kaartjies kan ook gekoop word by: SELLTICKETS
CONTACTHELP© Quicket.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'