Die Preston-Wyte Cup is aan Muller, wat Ferdinand Heymann 7-5, 6-2 geklop het, oorhandig.
Die Hawthorne Floating Trophy vir die vroueenkelskampioen het aan Lizelle Fourie, wat Patty Bailey 7-5, 6-2 geklop het, gegaan.
Die AE Spares Trophy vir die mansdubbelskampioene is deur Willie Breytenbach en Wayne Till, wat Lukas Oosthuizen en Corné Smit 7-5, 7-6 geklop het, gewen, terwyl die Berg Shoes Trophy vir die vrouedubbelskampioene deur Patty Bailey en Lulette Smit, wat Getha Goosen en Sheryl Fivaz 6-1, 7-5 verslaan het, gebuit.
Die George-tennisklub Trofee vir die gemengde dubbelskampioene is deur Lukas Oosthuizen en Donna Haycock gewen en die Sargon Wisseltrofee vir die mansenkelskampioen (plaat) is deur Lukas Oosthuizen gebuit.
Getha Goosen, wat Marianne Breytenbach 6-2, 6-0 geklop het, het die Sargon Wisseltrofee vir die vroue-enkelskampioen (plaat) ontvang.
Die mans- en vroue-enkelskampioene het ook elk prysgeld van R1 000 ontvang wat geborg is deur Kloppers en Top Gear Sport.
Donna Haycock het die George-tennisklub Wisseltrofee vir die beste vordering ontvang. Sy is nog o/16 en is in die SA skolespan ingesluit wat haar die klub se eie ‘Springbokkie’ maak.
Die Fritz Meissner Skild vir die sosiale speler van die jaar is aan Phillip MacDonald toegeken en die Marié Erasmus Skild vir uitnemende prestasie aan Colin Halgryn.
Die vier vroue wat meegeding het om die vrouedubbelstitel is van links Lulette Smit en Patty Bailey (die kampioene) en Sheryl Fivaz en Getha Goosen (naaswenners).