Volgens die nuwe formaat is die spelers in twee groepe ingedeel en het elke speler teen almal in sy groep te staan gekom. Hierdie formaat het vir opwindende tennis gesorg.
Die klub het die onderskeie borge bedank wat die toernooi ondersteun.
Die volgende spelers het die kwarteindstryde gehaal: Helgard Muller, Corné Smit, Lukas Oosthuizen, Alex Mosehle, Danie Niewenhuis, David Lloyd, Willie Breytenbach en Wayne Till.
Saterdag 6 Augustus maak George Tennisklub weer so wanneer die mans dubbels en die gemengde kampioenskapwedstryde gespeel word.
Die mans dubbels begin om 09:00 en sal gevolg word deur die gemengde wedstryde wat so ongeveer 12:00 sal begin.
_jpg(1).jpg)
David Lloyd en Alex Mosehle voor die aanslag op die baan.
Wayne Till en Stef van Heerden in goeie luim voor die groot stryd.