Gallery Video
TENNIS NUUS EN VIDEO'S - Rafael Nadal, wat as 'n internasionale kleibaantennisspeler by uitstek beskou word, kan nou maar na George kom.
George spog nou met sy eie volwaardige kleibane. Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat dit die eerste kleibane in Suid-Afrika is.
George-burgemeester Leon van Wyk, vergesel van onder meer Dirk Wessels, 'n burgemeesterskomiteelid, Marlene Barnard, hoofsweep van die stadsraad en dr. Michelle Gratz, munisipale bestuurder, het Maandag die bane in Rooirivierrif besoek.
Hulle is deur die ontwikkelaar en dryfkrag agter die projek Jonathan Hills ontvang en rondgewys. Werkers was besig met finale afrondings aan van die bane en ook die padel-tennisbane, 'n sosiale vorm van tennis. (Padel is 'n mengsel van tennis en muurbal)
Die totale koste van die projek, wat 'n klubhuis insluit, beloop sowat R22 miljoen. Aanvanklik word voorsiening gemaak vir ses bane, maar voorbereidings word gedoen dat dit later met nog drie bane uitgebrei kan word.
Tydens Maandag se geleentheid het Van Wyk eerstehands beleef hoe dit voel om op 'n kleibaan te speel. Hy en Hills het 'n paar balle vir mekaar op een van die bane geslaan. Van Wyk het gewys dat hy beslis oor tennisvaardighede beskik
Van Wyk het gesê dis 'n ongelooflike projek. Nie net vir George, maar ook vir die hele Suid-Afrika. Daar gaan nog internasionale toernooie op die bane gesien word.
Hills het gesê dis een van sy groot drome om weer 'n ATP toernooi in Suid-Afrika te kry. Hy was op sy dag self 'n dubbels professionele speler.
"Daar is groot drome en 'n klomp verskillende goed wat hier gaan gebeur. Dis 'n groot geleentheid vir Suid-Afrikaanse kinders om 'n beter platform te kry om oorsee te gaan speel en te ontwikkel uit hul tienerjare tot professionele spelers.
VIDEO: George spog nou met kleibane
VIDEO: Tennis kleibane is amptelik oop in George
Volgens hom is daar verskeie voordele aan kleibane.
Lede van die publiek sal ook op die bane kan speel. Hulle sal net vooraf moet bespreek.
Die eerste bane sal teen 28 November vir die publiek gereed wees.
Wessels het gesê dit beteken George kan nou die tennisentrum van Suid-Afrika word. "Ons het nou die enigste volwaardige kleitennisbane in die land. Ons is baie opgewonde oor die projek. Dit bring unieke toerisme geleenthede na die Suid-Kaap."
Tennis toerusting sal by die bane beskikbaar wees.
FOTOGALERY: George spog nou met sy eie volwaardige kleibane
Marlene Barnard (hoofsweep van die stadsraad), dr. Michele Gratz (munisipale bestuurder), Leon van Wyk (George-burgemeester) en Jonathan Hills op een van die nuwe bane. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'