Update
RUGBY NEWS - Die wedstryd tussen die A-spanne van Evergreens en George-rugbyklub gaan beslis Woensdagaand, 21 Junie, plaasvind. Dit sal op Outeniquapark plaasvind, maar in die stadium is dit nog nie duidelik hoe laat die spanne gaan speel nie.
Die tyd sal vroeg volgende week aangekondig word.
Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby, het vanoggend (15 Junie) aan George Herald gesê die twee klubs het ooreengekom dat dit Woensdag gespeel word.
Die wedstryd sou Saterdagmiddag, 10 Junie, om 17:00 plaasvind, maar moes uitgestel word.
Die SWD Arende het teen Boland Kavaliers om 15:00 gespeel. Die vlieg in die salf daarna was beurtkrag wat om 18:00 begin het. Daar was nie genoeg opwekkingsvermoë om die ligte van 18:00 by die stadion te laat brand.
Volgens Brinkhuis moet die klubs besluit oor die tyd.
Perez Julyan, voorsitter van George wat die gasheer vir die wedstryd is, het gesê tyd sal bepaal word deur die beurtkrag skedule. Dit sal om 18:00 of 20:00 plaasvind.
Vorige artikel: SWD-Premierliga: Ondersteuners boos na A-spanne nie speel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’