GEORGE RUGBY NUUS - Hoërskool Outeniqua loop breë bors rond. Altesame 29 rugbyspelers van die skool gaan die SWD op skolevlak in drie spanne verteenwoordig. Dit is die meeste van enige skool in die streek.
Hulle sal uitdraf by onderskeidelik die o.18 Cravenweek (19 tot 24 Julie by Hoërskool Monument te Krugersdorp), die o.16 Grant Khomo-week ( 12 tot 16 Julie HTS Daniel Pienaar, Uitenhage) en die o. 18 Akademieweek (11 tot 14 Julie HTS Drostdy Worcester).
Piet Cloete, adjunkhoof: sport van Outeniqua, het Maandag gesê in die stadium gaan die toernooie voort afhangende van die Covid-19-regulasies.
Op die oomblik mag geen kontaksport by skole plaasvind nie. "Ons hou duim vas dat hulle wel sal kan speel in die toernooie."
Volgens Cloete berus die skool se sukses om soveel spelers in die spanne te kry, op twee bene. "Ons is bevoorreg om goeie kondisioneringsfasiliteite by die skool te hê. Kundiges wat spesialiste is in kondisionering, is betrokke."
Die spelers van die Hoërskool Outeniqua wat SWD sal verteenwoordig by die Akademieweek.
Die skool kon ook tot onlangs hul spelers blootstelling gee aan die toptoernooie in die land.
"Hulle is dus gewoond om teen die sterkstes in die land te speel. Dis hoekom hulle uitstaan in die SWD-proewe."
In die stadium is die ander uitdaging vir jong rugbyspelers by skole die feit dat hulle nie mededingend teen ander skole mag meeding nie. "Dit maak ons bekommerd dat hulle nie raakgesien word om hul sporttalent te wys nie. Baie van hulle maak 'n loopbaan daarvan nadat hulle hul skoolloopbane voltooi het."
Die spelers van die Hoërskool Outeniqua wat SWD sal verteenwoordig by die Cravenweek.
Die spelers van die Hoërskool Outeniqua wat SWD sal verteenwoordig by die Grant Khomo-week.
Rugby players at Outeniqua make the school proud. Altogether 29 rugby players have been selected to represent the SWD in three tournaments in July. They will play in the u.18 Cravenweek (19 -24 July at Monument High school in Krugersdorp), the u.16 Grant Khomoweek ( 12-16 Julye HTS Daniel Pienaar Uitenhage) and the u. 18 Akademieweek (11 – 14 July HTS Drostdy Worcester).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'