RUGBY NUUS - Die langverwagte halfeind-stryde van die SWD-rugbyunie se Superliga A en B word Saterdag in vier dorpe in die Suid-Kaap aangebied.
Vier van die spanne wat in die halfeindstryde in aksie sal wees, is spanne vanuit die Hessequa-streek:
Heidelberg (A-liga), Albertinia Rangers, Riversdal Blues en Seagulls van Melkhoutfontein, wat in die B-liga meeding.
Die wedstryde word op Heidelberg, Outeniquapark, Albertinia en Oudtshoorn gespeel.
Die wedstryde is as volg:
Superliga A (Outeniquapark)
- 13:00: Progress C teen Barbarians C.
- 13:00: Groot Brakrivier teen Evergreens.
- 14:30: Progress B teen Heidelberg B.
- 14:30: Crusaders B teen Groot-Brakrivier B.
- 16:00: Heidelberg A teen Progress A
- 16:00: Crusaders A teen Groot-Brakrivier.
Superliga B (Bridgton/Albertinia)
- 14:15: Riversdal Blues B teen All Blacks B (Bridgton).
- 14:15: Albertinia Rangers B teen Seagulls B (Albertinia).
- 15:30: All Blacks teen Riversdal Blues A (Bridgton).
- 15:30: Albertinia Rangers A teen Seagulls A (Albertinia).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'