Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Wyndham Ewerts, joernalis van die Oudtshoorn Courant, is regstreeks vandag by Outeniquapark in George waar die SWD Karoostreek en Oudsthoorn Landelike Rugby Voetbalunie se eindronde gespeel word.
In gesprek met hom is Norman Arendse, voorsitter van die SWD Karoostreek.
Die telling tussen Lategansvlei en Grootkraal Kavaliers is tans 17- 3 in Kavaliers se guns (Oudtshoorn Landelike Rugby Voetbalunie-eindronde)
Dysselsdorp Rangers speel om13:15 teen Haarlem Swings in die SWD Karoostreek eindstryd.
Die wenner van hierdie wedstryd sal in SWD Rugby se Super B-liga speel.
VIDEO - Wyndham Ewerts is by Outeniquapark op George (Video: Wyndham Ewerts, Oudtshoorn Courant).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'