RUGBY NUUS - Dit lyk of niks in die pad kan staan van die SWD Eagirls want die span was vroeër vandag weer aan die wenkant.
Die span het die Limpopo Blou Bulle in Polokwane 36-10 getroef.
Toe daar na 40 minute bietjie gerus is was SWD Eagirls reeds 24-5 voor.
Die speler van die wedstryd was Veronica Nelson van die SWD se span.
Reeds voor die wedstryd het SWD Eagirls 'n halfeindstryd in die vroue afdeling van die eerste divisie van die Curriebekerreeks vasgemaak.
Die wedstryd vind aanstaande Saterdag 29 Julie voorlopig op Outeniquapark plaas. Die span speel aanstaande Saterdag teen die Luiperds.
Die span het nou 7 wedstryde agter en kan spog met 6 oorwinnings. Net by een geleentheid was die span aan die verloorkant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’