Gallery
GEORGE NUUS - Die DHL Stormers het Saterdag 20 Januarie vir groot opwinding onder hul ondersteuners gesorg toe hulle na die wedstryd foto's saam met aanhangers geneem en handtekeninge uitgedeel het.
Selfs die gure weer kon dié geharde ondersteuners nie stuit nie.
Die Stormers het die Arende met 'n allemintige 77-0 kafgedraf.
Lees meer hieroor.
'n Heerlike verrassing was dat selfs Stormers wat deel is van die Springbokspan, ook op Outeniquapark kom kuier het.
George Herald-lesers het foto's van hulleself saam met die rugbysterre ingestuur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'