RUGBY NUUS - Die nuutste rugby-insette van Nathan Claassen:
Heidelberg en Progress
Heidelberg het maar nou eenmaal Progress se nommer. Heidelberg het reeds in die eerste 15 minute gewys wat hulle intensies is, lê die middelveld van Progress bloot en kry die bal aan die buitekant van Progress se verdediging.
Dit het by tye soos 'n oefenlopie gelyk, geen dringendheid op die verdediging nie.
Progress beleef tans 'n moeilike seisoen, maar daar was oomblikke waar Heidelberg moes keer of Progress doen die ondenkbare ding en wen die wedstryd. Kirsten Heyns het tot sy reg gekom en twee pragdrieë gaan druk.
Dit was uiteindelik Deveron Lindoor, flank van Progress, wat geensins teruggestaan het vir die manne van Heidelberg nie. Heidelberg het voor gedomineer en 'n goeie platform geskep vir hul agterlyn om oor die voordeellyn te kom.
Heidelberg tel belangrike punte op en wen 32 - 25.
Evergreens en Barbarians
Evergreens begrawe Barbarians. Evergreens is tans bevoorreg om spelskeppers te hê wat 'n wedstryd op sy kop kan draai. Jade Stoffels se afwesigheid word gevul deur Dehovine Johannes, heelagter van Evergreens, wat werklik enige verdedigingslyn slapelose nagte kan gee op die aanval.
Hy verskaf die x-faktor wat Evergreens in menigte gevalle op die voorvoet hou. Die jongman se gevoel vir die spel is iets om te beleef. Evergreens wen met 49 - 12.
Crusaders en Maori's
Die huidige kampioen, Crusaders, het gemaklik afgereken met hul bure, Maoris. Die 'Klip' is altyd hard, spanne sukkel gewoonlik om tot hul volle reg te kom wanneer hulle na Borcherds reis. Die span van Ricardo Beukes weet hoe om 'n wen uit 'n harde klip uit te wurg.
Beide Crusaders asook Heidelberg moet nou begin kyk na die groter prentjie deur spelers te rus en te roteer met die oog op die Gold Cup wat oor minder as drie weke afskop. Die eindtelling was Crusaders 33 en Maoris 12.
Groot-Brak en Bridgton
Bridgton sou graag wou hê dat George die Brakkies moes laat stilstaan, dit sou al manier wees hoe hulle nog sterk aanspraakmakers kon wees om die vierde plek. Brak was eenvoudig net te goed en het die wedstryd gewen met 57 - 22.
Bridgton en Brak speel in die laaste vesting teen mekaar, 'n wedstryd wat definitief gaan bepaal wie werklik deel uitgaan maak van die finale topvier.
Jaguars en Blanco
Dit lyk al hoe donkerder vir Jaguars. Blanco het naelskraap gewen teen 'n span wat spook om uit die relegasiegroef te kom. Dinge lyk glad nie goed vir die span van Crags nie.
Blanco wen die wedstryd met 24 - 20.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’