GEORGE RUGBYNUUS - Antonio Bruiners (15), gebore Oudtshoorniet en gr. 10-leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het verlede week sy o.16 SA Elitekleure in rugby verwerf.
Sy ouers Johann en Antionette Bruiners, is ontsettend trots op wat Antonio reeds op so 'n jong ouderdom vermag het.
Benewens die feit dat Antonio 'n skrander leerder is wat tans op sy skool se leerderraad dien, is hy boonop 'n bobaas hekkieatleet wat verlede jaar sy eie rekord in die 100 m-
hekkies by die Spar Kwaggas Top-10-atletiekbyeenkoms gebreek het. Hy is ook onlangs in die SWD o.15-krieketspan opgeneem.
"Hy is 'n sportman uit en uit. Dit kon ons van kleins af al sien, en dit is ook een van die redes hoekom ek en sy pa besluit het om sy skoolloopbaan na George te skuif sodat hy strawwer blootstelling kan kry. Ons wens is dat hy sy vlerke moet sprei en selfs nog hoër hoogtes moet bereik," het Antoinette gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'