GEORGE NUUS - In een van die mees opwindenste wedstryde van die Tens het die SA Legends die veterane afdeling gewen.
Hulle het die Diamond Hunters 10-7 geklop. Maklik was dit nie.
Toe speeltyd verstreke was, was die telling 7-7. Daar is toe ekstra tyd gespeel en die span wat eerste punte aanteken wen.
Na 'n paar minute het dit gelyk of die Diamond Hunters sou wen, maar hulle het 'n maklike strafskop naby die pale verbrou. 'n Rukkie later het die Legends 'n strafskop gekry en die bal oorgeskop.
Eers na 6 minute en 45 sekondes se ekstra speeltyd was daar 'n uitslag. Mens sou in 'n sin dit die wedstryd van die twee oudSpringbokke kon beskryf.
Zane Kirchner het vir die Legendes uitgedraf en Danie Gerber is die afrigter van die Diamond Hunters.
OudSpringbok, Danie Gerber, afrigter van die Diamond Hunters vanmiddag langs die veld toe die span en die SA Legendes kragte gemeet het.
Foto's: Eugene Gunning
Die Diamond Hunters en die SA Legendes toe hulle vanmiddag in die finaal van die veterane afdeling kragte gemeet het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'