Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Outeniquapark het die afgelope naweek 'n goeie kwota rugbyaksie opgedis.
Vrydagaand het die Arende hul rieme styfgeloop teen die OP-Olifante en met 27-21 verloor.
Hoërskool Geroge het die Multisure Cup gewen deur PW Botha met 34-13 te klop terwyl Crusaders sy spiere behoorlik teen Heidelberg gebult het om dié kragmeting met 39-10 te wen.
Crusaders teen Heidelberg. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'