GEORGE RUGBYNUUS - Die eerste rugbyspan van Olympia-vaardigheidskool het splinternuwe truie, broeke en kouse van hul grootste borg, Ricoh, ontvang.
Bertus Conradie, van Ricoh, stap al 'n lang pad saam met die rugby van Olympia en help elke vier jaar dat die skool se eerste span met die beste truie, kouse en broeke op die mark uitgerus word.
Olympia se rugby skitter weer en die eerste span is vanjaar steeds onoorwonne in die LSEN rugbyliga. Dié skool het die afgelope twee jaar tussen agt en tien seuns vir die SWD LSEN-span opgelewer en hulle het ook in die eindstryd van die sewestoernooi op Agulhas gespeel.
Die skoolhoof, Gerhard Haupt, sê die seuns is trots op dit wat hulle dra en sal met waardigheid Ricoh se naam hoog hou. "Ek wil graag die Ricoh-groep - en by name Bertus Conradie - bedank dat hy Olympia help om op die veld uit te staan.
Die eerste rugbyspan van Olympia-vaardigheidskool het splinternuwe truie, broeke en kouse van hul grootste borg, Ricoh, ontvang. Agter, van links: S. Kruger (afrigter), Jadrian Lucas, Lushane Ambraal, Leeroy Kiewiets, Gerhard Haupt (skoolhoof), Keano Brown, Brian Oosthuizen, Elrich Riekert, Christopher Bigirimanha en H. Fredericks (afrigter). Middel: Layton Boshoff, Jade Plaatjies, Doreldo Figeland, Denwill Botha en Shaquale Roelfse. Voor: Sybrian Sampson, Jackson Mmcita, Bertus Conradie (Ricoh).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'