TOUTREK NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale het weer sy spiere gebult by die Suid-Afrikaanse-toutrekkompetisie wat op 24 en 25 Maart in Swellendam plaasgevind het deur in die meeste afdelings as die wenners aangewys te word.
Die hoogtepunt van die kompetisie was Oakdale se oorwinning in die 560 kg-kompetisie wat beteken dat Oakdale weer die land se Proteaspan van 31 Augustus tot 3 September by die wêreldkampioenskappe in Sursee, Switserland, gaan verteenwoordig.
Vanjaar se toutrekkompetisie is gekenmerk deur 'n rekord-getal inskrywings.
Dit was die Oakdale-spanne, in hul kenmerkende blou truie en rooi kouse, wat vroeg reeds die oog gevang het met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname.
Oakdale se seëvierende 560-kg toutrekspan het hul Proteakleure verwerf ná hulle die 560 kg-afdeling by die SA's gewen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’