RUGBY NUUS - Groot opgewondenheid het Saterdag by die Pacaltsdorp-sportterrein (Graveyard) geheers toe twee spanne van die Le Grand Roses en die K1 Quarry Pro Stars Proteapark mekaar gepak het.
In die een wedstryd het Le Grand se A2-span teen hulle eweknieë van K1 Quarry gespeel en met 15 - 12 koning gekraai. Die A1-span het 18 - 15 gewen.
Janus Williams, voorsitter van die klub, het Dinsdag gesê Le Grand is nou derde op die punteleer in die eerste liga B-kompetisie.
Wayne van Wyk van Le Grand is vir die tweede keer vanjaar as die beste speler van die dag aangewys.
Hy het die borge Le Grand Residential Estate, Yatab Cool Solutions and Bell Air liquor bedank vir hul hulp.
Wayne van Wyk tydens 'n verposing waar spelers water kon drink.
Mlungiseleli Nkuwalase van Thembalethu speel vir Le Grand.
Le Grand Roses RFC A1-span na hul oorwinning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’